Die paasfees was nou voor die deur. Tydens hierdie fees het die Jode ’n lam geslag en ongesuurde brood geëet. Hulle het dan teruggedink aan hoe God hulle voorvaders daar uit Egipte bevry het. Die godsdienstige leiers was baie omgekrap oor alles wat Jesus in die tempel gesê het. Hulle het toe besluit dis genoeg. Jesus moes doodgemaak word. Maar hulle het nie mooi geweet hoe nie, want die skare was in vervoering oor Hom. Toe kry hulle hulp uit ’n onverwagse oord. Judas Iskariot, een van Jesus se eie dissipels, het agteraf na hulle toe gekom en vir hulle gesê dat hy hulle sou help om Jesus te vang. Die duiwel self het in Judas ingevaar. Die godsdienstige leiers was in ekstase oor Judas se aanbod. “Ons sal jou baie goed betaal,” het hulle vir hom gesê. Hulle het toe saam ’n plan uitgewerk hoe om Jesus te vang. “Ek sal wag vir die regte oomblik, dan sal ek vir julle ’n teken gee sodat julle Hom kan arresteer,” het Judas vir hulle gesê.
Lees Lukas 22
Deel
Vergelyk alle weergawes: Lukas 22:1-6
31 dae
Ooggetuies lig die goeie nuus in wat Lukas vertel van Jesus se verhaal van geboorte tot dood tot opstanding; Lukas vertel ook Sy leringe wat die wêreld verander het. Reis daagliks deur Lukas terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's