Die Here was by die tent waar Hy sy volk ontmoet. Hy het Moses toe nader geroep en vir hom gesê: “Jy moet met die Israeliete gaan praat. Sê vir hulle: Wanneer een van julle iets vir die Here bring, kan dit uit julle beeste of uit julle kleinvee kom. “As dit uit die beeste kom en dit is bedoel om heeltemal verbrand te word, moet dit ’n manlike dier sonder enige liggaamsgebrek wees. Die persoon bring die dier na die ingang van die tent van ontmoeting toe. Hy bring dit vir die Here sodat die Here van hom kan hou. Hy sit sy hand op die dier se kop. Daarmee wys hy dat dit sy geskenk vir God is wat vir hom vrede moet maak by God.
Lees Levitikus 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Levitikus 1:1-4
30 dae
Reis "deur die Bybel" op kort reise terwyl jy 'n woord van God lees en leer, begin hier in die boek LevitikusHoe moet ons 'n heilige God nader? In aanbidding, opoffering en eerbied beantwoord Levitikus daardie vraag vir antieke Israel. Reis daagliks deur Levitikus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's