Josua 3:15-16

Josua 3:15-16 DB

Soos gewoonlik in die oestyd was die Jordaan tot oorlopens toe vol. Toe die voete van die priesters wat die ark van die ooreenkoms met die Here gedra het, aan die water raak, het die water dadelik opgehou vloei. Dit het aan die bopunt by Adam, die dorp naby Sartan, begin opdam. Aan die onderpunt van die Jordaan het die water bly wegvloei na die Dooie See toe totdat die rivier opgedroog het. Daarna het die volk regoor Jerigo deur die rivier begin trek.