Jesus is toe Kana toe. Dit is dieselfde dorpie waar Hy die water in wyn laat verander het. Daar was ’n hoë staatsamptenaar wat in Kapernaum vir die koning gewerk het. Sy seun het intussen baie siek geword. Die nuus het by hom uitgekom dat Jesus terug is uit Judea. Hy is dadelik na Jesus toe en het Hom gevra om asseblief saam met hom huis toe te kom. Sy seun was besig om dood te gaan en hy wou hê Jesus moet hom gesond maak. Jesus sê toe: “As dit nie vir al die wonderlike dinge was wat Ek gedoen het nie, sou julle ook maar nie geglo het nie.” Die man hou toe egter vol: “Here, kom tog asseblief gou voordat my kind doodgaan.” Jesus sê toe: “Gaan maar huis toe. Jou seun lewe.” Die man het Jesus vertrou en is terug huis toe. Hy was nog op pad toe sy werkers al met die goeie nuus aankom: “U seun leef!” Hy vra hulle toe uit oor presies wanneer sy seun beter begin word het. “Omtrent so eenuur gistermiddag het sy koors begin breek,” sê hulle. Toe hy mooi terugdink, besef die pa dat dit juis die tyd was toe hy en Jesus gesels het. Jesus het toe mos al vir hom gesê dat sy seun lewe. Hy, saam met almal wat in sy huis bly, het toe in Jesus geglo. Dit was die tweede wonderteken wat Jesus in Galilea gedoen het nadat Hy teruggekom het uit Judea.
Lees Johannes 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 4:46-54
6 Days
All of us need some type of healing in our lives. We might have a physical illness, emotional trauma, mental distress, or spiritual burden that we keep battling—even after years of praying it away. In this Plan, we’ll find hope and encouragement as we learn about a variety of ways that Jesus healed people.
7 dae
Jesus Christus se wondertekens op aarde wys ons hoe God se krag kan transformeer en vermenigvuldig. Hy vul ons met sy liefde. Hy red ons omdat ons in Hom glo. Hy bring genesing. Hy voorsien in al ons behoeftes. By Hom het ons die ewige lewe. Ek en jy is tot alles in staat deur Jesus Christus wat ons die krag gee.
9 dae
Afwagtend - 'n Lewe Gevul Met Wonderwerke. In ons lewens is daar volop geleenthede vir wonderwerke om te gebeur. Die uitdaging is gewoonlik om onsself in pas te kry met God se plan vir ons lewens sodat ons hierdie wonderwerke kan beleef.
25 Days
We truly can experience the abundant, full life that Jesus gives! Our goal for Jesus Is Life is to grow deeper in our faith, trust, and love for Christ Jesus, our Savior. In this 25-day Bible Plan from Amy Groeschel and Life.Church Sisters, we’ll explore the first four chapters in the book of John to discover that Jesus is life—and that truth changes everything.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's