Jesus antwoord hom toe: “Weet jy, Ek wil nou vir jou iets belangriks sê. As iemand nie nog ’n keer gebore word nie, sal hy sowaar nie deel word van die ryk waar God Koning is nie.” “Hoe is dit moontlik om as jy al groot en oud is, nog ’n keer gebore te word?” vra Nikodemus Hom. “’n Mens kan mos nie ’n tweede maal in jou ma terugklim om weer ’n keer gebore te word nie.” “Luister baie mooi wat Ek vir jou sê,” kom dit van Jesus. “Die pad na die ryk waar God Koning is, is toe vir elkeen wat nie gebore word uit lewende water en die Heilige Gees nie. Immers, ’n kind wat uit ’n mens gebore word, is maar net ’n mens. Wie egter uit die Gees gebore word, begin geestelik lewe. “Daarom moet jy nie vol allerhande vraagtekens wees oor my woorde dat julle nog ’n keer gebore moet word nie. Leer uit die natuur. Hoewel jy die wind hoor waai, kan jy dit tog nie beheer of stuur nie. Dit waai waar dit wil. Jy weet nie eens presies waar dit vandaan kom of waarheen dit uiteindelik waai nie. Maar nogtans waai dit. Presies dit is waar van die manier waarop die Gees werk. Elke persoon wat uit die Gees gebore word, ervaar dit ook so.”
Lees Johannes 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 3:3-8
5 Days
This five day plan is an in-depth study of the doctrines of grace. T.U.L.I.P. is a heading of Theology that magnifies the sovereignty of God. Exalting God’s grace is the truth expressed in the doctrines of grace.
5 Dae
Soos jy daagliks God se Woord lees, dit oordink en in jou lewe toepas, sal jy beter toegerus wees om die vyand se kunsmatige ligte te onderskei, op God se verligte pad te bly en helder te skyn vir Christus in jou huis en in jou gemeenskap.
6 Days
C.S. Lewis said, “Aim at Heaven and you will get earth ‘thrown in.’ Aim at earth and you get neither.” In other words, what you do today because of what you believe about what happens after you die could change everything, forever. Start this Life.Church Bible Plan today to accompany Pastor Craig Groeschel’s new series, One Minute After You Die.
6 dae
Hierdie Bybelstudie bied aan jou ’n baie unieke geleentheid om die passie wat Angus vir Jesus het self te ervaar. As jy luister en jou hart oopmaak, sal jy vind dit is aansteeklik. Wanneer ek ook al by Angus is, groei my vasberadenheid om op God te vertrou en my lewenspad met vrymoedige geloof in Hom te stap. - Pastor Allen Jackson
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's