Een nag het Nikodemus Jesus kom opsoek. Hy was ’n belangrike leier in die Joodse gemeenskap en ’n lid van die party van die Fariseërs. Hy knoop toe met Jesus ’n gesprek aan: “Meneer, ons is oortuig daarvan dat God u gebruik om ander mense te leer. Weet u waarom sê ek so? As God iemand nie bystaan nie, sal hy eenvoudig nie die dinge kan doen wat u regkry nie.” Jesus antwoord hom toe: “Weet jy, Ek wil nou vir jou iets belangriks sê. As iemand nie nog ’n keer gebore word nie, sal hy sowaar nie deel word van die ryk waar God Koning is nie.” “Hoe is dit moontlik om as jy al groot en oud is, nog ’n keer gebore te word?” vra Nikodemus Hom. “’n Mens kan mos nie ’n tweede maal in jou ma terugklim om weer ’n keer gebore te word nie.” “Luister baie mooi wat Ek vir jou sê,” kom dit van Jesus. “Die pad na die ryk waar God Koning is, is toe vir elkeen wat nie gebore word uit lewende water en die Heilige Gees nie. Immers, ’n kind wat uit ’n mens gebore word, is maar net ’n mens. Wie egter uit die Gees gebore word, begin geestelik lewe. “Daarom moet jy nie vol allerhande vraagtekens wees oor my woorde dat julle nog ’n keer gebore moet word nie. Leer uit die natuur. Hoewel jy die wind hoor waai, kan jy dit tog nie beheer of stuur nie. Dit waai waar dit wil. Jy weet nie eens presies waar dit vandaan kom of waarheen dit uiteindelik waai nie. Maar nogtans waai dit. Presies dit is waar van die manier waarop die Gees werk. Elke persoon wat uit die Gees gebore word, ervaar dit ook so.” “Hoe op aarde kan dit wees?” vra Nikodemus. Jesus gaan toe voort: “Hoe is dit moontlik dat jy nie hierdie dinge verstaan nie? Jy is dan self ’n onderwyser wat die Israeliete oor godsdienstige dinge touwys moet maak.” “Luister baie mooi. Ons praat nie oor dinge wat vir ons vreemd of onbekend is of waarvan ons niks weet nie. Nee, wanneer ons nou met soveel sekerheid hieroor praat, is dit omdat ons dit self gesien het. Nogtans aanvaar julle nie wat Ek vir julle sê nie. Nou ja, as julle nie wil luister wanneer Ek praat oor dinge wat hier onder ons gebeur nie, hoe sal julle My dan nog glo wanneer Ek vir julle van die dieper geestelike dinge vertel?
Lees Johannes 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 3:1-12
5 Dae
Soos jy daagliks God se Woord lees, dit oordink en in jou lewe toepas, sal jy beter toegerus wees om die vyand se kunsmatige ligte te onderskei, op God se verligte pad te bly en helder te skyn vir Christus in jou huis en in jou gemeenskap.
6 Days
C.S. Lewis said, “Aim at Heaven and you will get earth ‘thrown in.’ Aim at earth and you get neither.” In other words, what you do today because of what you believe about what happens after you die could change everything, forever. Start this Life.Church Bible Plan today to accompany Pastor Craig Groeschel’s new series, One Minute After You Die.
7 Days
How can we live more Christ-centred lives? This 7-day plan, based on Rooted in Love, a Lent book from all the area bishops in the Diocese of London, is full of practical encouragement and hope designed to help you to grow as a disciple and find ways to put God at the centre of your life every day.
7 dae
Vanaf die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag tot Jesus se wederkoms leef ons in die bedeling van die Heilige Gees waar God elke oomblik in en deur ons wil lewe. Het jy ‘n lewende verhouding met die Heilige Gees, ervaar jy sy werking, leiding, gawes en vrug? Hierdie leesplan wil jou help om die wonderlike, kragtige beheer van die Heilige Gees meer in jou lewe te ervaar.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's