“Ek sal met die Vader praat. Hy sal vir julle ’n spesiale Helper stuur. Hierdie Helper ken net een pad en dit is die pad van die waarheid. Ek praat natuurlik van die Heilige Gees. Die Gees sal julle nooit alleen los nie, maar oral by julle wees. Julle sal gou die Gees in julle lewe herken, want Hy sal heeltemal deel word van julle. Hy sal nie net by julle wees nie, maar ook in julle. Die sondige mense sal egter nie eens weet die Gees is daar nie en die Gees sal ook nie deel van hulle lewe word nie. Hulle sal ook glad nie op die golflengte van die Gees ingestel wees nie. “Ek self sal ook na ’n rukkie na julle toe terugkom. Ek sal julle nie soos verlore weeskinders hulpeloos en alleen los nie. Maar wanneer Ek terugkom, sal Ek nie wees soos Ek nou is nie. Ongelowige mense sal My glad nie kan sien nie. Julle sal My goed kan ‘sien’, en weet julle hoekom? Julle sal nie meer net fisiek lewe nie, maar geestelik ook, net soos Ek. Julle sal dan agterkom hoe intiem die verhouding tussen My en my Vader is. Net so intiem sal julle verhouding met My en my verhouding met julle wees.
Lees Johannes 14
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 14:16-20
4 dae
Die wêreld se probleme word daagliks groter. Die voortdurende gejaag van die lewe, die bedrywigheid en spanning, kan ons krag tap en ons swak en moeg laat voel. Hoe kan jy opstaan en sterk en vasberade lewe? Sluit aan by Bybeldosent Berni Dymet van Christianityworks en ontdek hoe jy in God se krag kan leef — nie jou eie nie — en ervaar die kragtige verskil wat dit maak.
5 Days
The world’s peace is different from God’s peace. Worldly peace is temporary and dependent upon circumstances. God’s peace offers a permanent solution, which is salvation through Jesus and His presence in our lives. In this Plan, we’ll dive into what God’s peace truly means and how we can experience it in our lives.
5 dae
Vredevors is die eerste EP van ENFC Music, wat dien as die aanbiddingspan van Every Nation Faith City. Deur dié 5 dagstukke wil ons jou saamneem op 'n reis deur die EP, oor hoe God oor ons voel, dat ons waarlik vry en vergewe is en soveel meer! Maar bo alles, om onsself te herinner dat God ons Vredevors is!
Die Here wil hê dat sy gelowiges op geloofsvlerke moet sweef. Die Bybel is ons gids, die karakters daarin ons voorbeelde, en die Heilige Gees ons hulp vir die lewe in geloof. Die Bybel is vol getuienisse wat ‘n alternatiewe lewe van rebellie en ongehoorsaamheid gekies het, asook die wat ‘n lewe van oorgawe in geloof gekies het.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's