Die groot God vra: “Wie is daar met wie julle My kan vergelyk? Wie is daar wat net soos Ek is?” Kyk op na die sterre in die lug. Hy wat hulle gemaak het, laat hulle almal in die aand uitkom. Hy ken elkeen van hulle se naam. Met sy groot krag sorg Hy dat nie een van hulle wegraak nie. Jakob, waarom beweer jy dan dat die Here nie raaksien wat met jou gebeur nie? Waarom sê jy, Israel, dat Hy Hom nie daaraan steur dat jy verontreg word nie? Verstaan julle nie en begryp julle dan nie dat die Here vir ewig en altyd God is nie? Hy het die hele wêreld gemaak. Hy word nooit moeg nie. Hy word nooit uitgeput nie. Niemand kan Hom regtig verstaan nie. Hy gee vir dié wat uitgeput is weer nuwe krag. Hy maak dié wat swak geword het, weer sterk. Selfs dié wat jonk is se krag kan ingee. Dié wat nog in die krag van hulle lewe is, kan inmekaarsak. Maar hulle wat op die Here vertrou, kry altyd weer krag. Hulle word soos ’n arend wat vlieg. Hulle hardloop en word nooit moeg nie. Hulle loop en raak nooit uitgeput nie.
Lees Jesaja 40
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jesaja 40:25-31
3 Dae
Kom SAAM op reis met die verhaal van Elia en Elisa. Raak met jou eie verhaal STIL by die Here. En staan STERK in jou lewensstryd.
5 Days
The book of Isaiah contains rich imagery, prophecies about the coming Messiah, and reminders of God’s faithfulness towards his people. The prophet Isaiah recounts God’s faithfulness to the Israelites and speaks of his hope in a future redemption through Jesus. On this plan, you will learn more about God’s justice and compassion and how he is present and near to those who are suffering.
7 Days
The reasons for discouragement are strong, but the reasons to take heart and hold on to hope are stronger yet. We must see the bigger picture. Through biblical truth and personal stories, author, pastor, and theologian Jason Meyer encourages the weary and anxious believer by shining light on the nature of reality, the nature of God, and the intersection of the two in our daily, rubber-meets-the-road lives.
7 Dae
Om oor God te praat, is nie eenvoudig nie. Een van die groot redes is die grootheid van God. Daar is egter ook 'n tweede rede: God is totaal anders as ons. In hierdie leesplan probeer ek om enkele aspekte van die andersheid van God te bespreek.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's