Albei seuns het grootgeword. Esau was ’n natuurmens en ’n goeie jagter, en hy het graag buite gekom. Hy het mettertyd die jagkuns aangeleer en ’n vaardige jagter geword. Jakob was heeltemal anders. Hy was ’n eenkantmens wat graag sy tyd in die tent deurgebring het. Isak was mal oor Esau, omdat hy altyd vir sy pa sulke lekker wildsvleis gemaak het. Rebekka weer was erg oor Jakob, haar huiskind. Op ’n dag het Jakob heerlike kos gemaak. Esau daag toe uit die bloute daar op. Hy was moeg en honger en sê toe vir Jakob: “Ek is uitgeput en honger. Gee my tog so ’n ietsie van jou lekker kos, van die rooi goed wat jy daar het.” Toe Esau gebore is, was hy mos so rooierig en dit is waarom hulle hom Esau genoem het. Jakob, die skelm, het geantwoord: “Gee my eers al jou regte en voordele as oudste kind.” “Ag, wat,” het Esau gesê, “jy kan maar alles vat. Ek is tog aan die doodgaan en nou help al daardie regte en voordele my net mooi niks. So, vat dit vir jou.” Die geslepe Jakob het egter druk op Esau geplaas: “Nee, jy moet eers sweer en beloof dat alles myne is.” Esau het toe sy woord gegee dat Jakob sy eersgeboortereg kon kry. Jakob het toe vir Esau ’n stuk brood gegee en van die heerlike lensiebredie vir hom uitgeskep. Esau het alles opgeslurp en ook nog iets gedrink. Toe het hy opgestaan en geloop. So het Esau sy eersgeboortereg vir Jakob gegee. Vir ’n lekker bord kos het hy al sy regte en voordele as oudste seun van die familie weggegee.
Lees Genesis 25
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 25:27-34
3 Days
Life can be unpredictable and confusing, even when we serve God. Things seem at times to be out of control, leaving us to wonder what in the world is going on! If you have ever felt this way or are confused, this new devotional series by Pastor Jim Cymbala is just for you!
7 Days
The disciplines you develop today determine the stories you tell tomorrow. So, how do you feel about the story you’re telling? In this 7-day Bible Plan accompanying Pastor Craig Groeschel’s Greater Reward message series, we’ll discover what discipline is, why it matters, and how to incorporate it in our physical, mental, and spiritual lives.
21 Days
The James River Church 21 Days of Fasting and Prayer Devotion plan is designed to encourage and strengthen you as you devote this time to walking closer with the Lord. The plan consists of short devotions and a Scripture reading plan for each day. We know that as you spend time fasting and praying, you will see God do more than you can ask or imagine!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's