Esra 2

2
Die families wat teruggekom het
1Hier is nou ’n lys van die families wat teruggegaan het. Nebukadnesar was die koning van Babel. Hy het baie Judeërs gevange geneem en saamgevat na Babel toe. Van hulle het die mense hier onder teruggegaan na Jerusalem toe en na die provinsie Juda om te gaan bly waar hulle voorheen gewoon het. 2Hulle het saam met Serubbabel, Jesua, Nehemia, Seraja, Reëlaja, Mordegai, Bilsan, Mispar, Bigwai, Regum en Baäna teruggekeer. Die getalle van elke familie was soos volg: 3Paros 2 170; 4Sefatja 372; 5Arag 775; 6Pagat-Moab (afstammelinge van Jesua en Joab) 2 812; 7Elam 1 254; 8Sattu 945; 9Sakkai 760; 10Bani 642; 11Bebai 623; 12Asgad 3 240; 13Adonikam 660; 14Bigwai 2 056; 15Adin 454; 16Ater, uit die nageslag van Hiskia, 98; 17Besai 323; 18Jora 112; 19Gasum 223 en 20Gibbar 95.
Volgens die plekke waar
hulle oorspronklik vandaan kom
21Uit Betlehem was daar 123; 22uit Netofa 56; 23uit Anatot 128; 24uit Bet-Asmawet 42; 25uit Kirjat-Jearim, Kefira en Beërot 743; 26uit Rama en Geba 621; 27uit Mikmas 122; 28uit Bet-El en Ai 223; 29uit Nebo 52; 30uit Magbis 156; 31uit Elam 1 254; 32uit Garim 320; 33uit Lod, Gadid en Ono 725; 34uit Jerigo 345 en 35uit Senaä 3 630.
Priesterfamilies
36Uit die priesters wat by God se huis werk wat teruggekom het, was daar: van Jedaja (uit die nageslag van Jesua) 973; 37van Immer 1 052; 38van Pasgur 1 247 en 39van Garim 1 017.
Leviete, tempelwerkers en ander personeel
40Uit die familie van Levi wat teruggekeer het, was daar van Jesua en Kadmiël (uit die nageslag van Hodaja) 74. 41Sangers uit die Asaf-groep was 128. 42Mense wat by die deure van die tempel gestaan het uit die families van Sallum, Ater, Talmon, Akkub, Gatita en Sobai was 138. 43Dié wat by die tempel werk, was: Siga, Gasufa, Tabbaot, 44Keros, Sia, Padon, 45Lebana, Gagaba, Akkub, 46Gagab, Salmai, Ganan, 47Giddel, Gagar, Reaja, 48Resin, Nekoda, Gassam, 49Ussa, Paseag, Besai, 50Asna, Meünim, Nefusim, 51Bakbuk, Gakufa, Gargur, 52Baslut, Megida, Garsa, 53Barkos, Sisera, Temag, 54Nesiag en Gatifa.
55Uit die nageslag van mense wat vroeër vir Salomo gewerk het, was daar: Sotai, Soferet, Peruda, 56Jala, Darkon, Giddel, 57Sefatja, Gattil, Pokeret-Sebajim en Ami. 58Die mense wat by die tempel gehelp het en die nageslag van die mense wat in diens van Salomo was, was 392.
59-60Daar was mense wat saamgekom het wat nie kon sê aan watter familie hulle behoort het nie. Hulle het gekom van Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer. Hulle was op ’n manier familie van Delaja, Tobija en Nekoda. Daar was altesaam 652 van hulle.
61-62Daar was priesters wat nie kon sê aan watter families hulle behoort het nie. Dit was die groepe van Gabaja, Kos en Barsillai (wat getroud was met ’n dogter van die Gileadiet Barsillai en toe na hom vernoem is). Hulle is ook nie as priesters aanvaar nie. 63Die goewerneur wat die provinsie vir die Perse bestuur het, het besluit dat hulle nie saam met die ander priesters van die offers mag eet nie. ’n Priester moes eers met die urim en tummim hulle lot bepaal. Hy moes kyk hoe die steentjies val om te weet wat God oor hulle besluit het.
64Die groep wat teruggekeer het, was altesaam 42 366. 65Daarby moet nog 7 337 manlike en vroulike slawe getel word wat saam met hulle gegaan het. In die groep was daar nog ’n verdere 200 sangers en sangeresse wat by die tempel kon werk. 66Hulle het ook 736 perde, 245 muile, 67435 kamele en 6 720 donkies saam met hulle gebring.
Terug in Juda
68Toe hulle by die bouvalle van die tempel van die Here in Jerusalem aankom, het die leiers van die families uit hulle eie beursie geld gegee om die tempel te herbou. 69Hulle het alles wat hulle gehad het vir die “herstelfonds” gegee. Dit was in totaal net meer as 500 kilogram goud, byna 3 000 kilogram silwer en 100 pakke klere vir die priesters.
70Die priesters, die Leviete, ’n deel van die volk en die sangers, die poortwagte en die tempelwerkers het in Jerusalem gaan bly. Die res van die Judeërs wat teruggekom het, het teruggegaan na die plekke waar hulle oorspronklik vandaan gekom het.

Tans Gekies:

Esra 2: DB

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid