’n Goeie naam is beter as lekkerruikgoed, en die sterfdag beter as die geboortedag. Dit is beter om na ’n plek van rou te gaan as na ’n plek waar mense partytjie hou. Elkeen se sterfdag wag vir hom. Daarmee moet die mens rekening hou. Hartseer is beter as om te lag. Agter ’n strak gesig skuil soms ’n diep insig in die lewe. Iemand wat net geluk najaag, is dwaas. ’n Wyse weet geluk is onmoontlik. Daarom dink hy baie aan die einde. Dit is beter dat wyse mense jou kritiseer as dat dommes heeltyd jou lof besing. Soos die knetterklanke van brandhout in ’n vuur, so klink die gelag van ’n dwaas. Dit is sinloos en irriteer ’n mens net. Iemand wat dink hy is wys, maar ander afpers, is dwaas. En ’n omkoopgeskenk kan jou vernietig. Die einde van ’n saak is baie beter as die begin. En geduld is beter as om vol van jouself te wees. Beheer jouself en moenie jou humeur verloor nie; dit is net dwase mense wat so maak. Moet nooit vra waarom dit in die goeie ou dae beter was as nou nie, want dit is nie ’n goeie vraag nie. Om baie te besit en ook te weet hoe om reg te leef is wonderlik. Geld kan jou baie help, so ook die insig om reg te leef. Insig is beter, want dit kan jou ook gelukkig maak. Kyk na God se werk in die wêreld. Wie kan reguit buig wat Hy krom gemaak het? God laat die goeie en die slegte gebeur. Of dit goed of sleg gaan, onthou, albei kom van God af. Niemand weet wat môre of oormôre gaan gebeur nie. In my sinlose lewe het ek gesien dat goeie mense vroeg doodgaan, terwyl slegte mense lank leef. Dit maak nie eintlik saak of jy goed of sleg leef nie. Moet daarom nie te goed of te regverdig wil wees nie, want jy kan jouself vernietig. Moet ook nie te sleg of te onregverdig leef nie, want dan kan jy dalk te vroeg doodgaan. Kry ’n middeweg, anders word die lewe ondraaglik. Leef met respek vir God, dan sal jy weet hoe om te leef. Wysheid en die insig hoe om reg te leef maak ’n mens sterker as die magtigste leiers. Niemand doen net goed sonder om ook verkeerd te doen nie. Moenie na alle skinderpraatjies luister nie, want dan moet jy dalk jou werkers se beledigings aanhoor. Onthou, jy het ook al baie keer mense beskinder en beledig. Ek het al my kennis en insig gebruik om die lewe te verstaan, maar ek kon nie. Wie weet wat die sin van die lewe is? Dit is te moeilik vir ’n mens om te ontdek. Ek het toe weer begin studeer en navorsing oor wysheid en dwaasheid gedoen. Ek wou weet hoe ’n mens moet leef en wat die gevolg van ’n slegte lewe is. Ek het wel iets ontdek wat erger as die dood is. En dit is dat ’n slegte vrou soos ’n valstrik is. Haar hart is soos ’n vangnet en haar hande soos boeie. As God van jou hou, sal jy van haar kan ontsnap, maar die dwaas val in haar strikke. Al hierdie kennis en insig het ek stukkie vir stukkie gekry toe ek die lewe bestudeer het. Daar is nog iets wat ek gesien en waarop ek geen antwoord het nie. En dit is dat jy dalk nog ’n goeie man tussen duisend mense sal kry, maar nie so ’n vrou nie. Ek het tot die slotsom gekom dat God die mens maar ’n eenvoudige wese gemaak het, maar dat hy altyd moeilike vrae vra.
Lees Prediker 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: Prediker 7:1-29
6 Days
We all have a common denominator. We will die. I will die. You will die. Death will defeat you. You won’t be able to dodge it, sidestep it, trick it or make it disappear. But then there is Jesus, the man who defeated the grave. Jesus stood toe to toe with the grave and defeated death. When Jesus talks, the grave speaks.
12 dae
Prediker is 'n dramatiese outobiografie van Salomo se lewe toe hy probeer het om gelukkig te wees sonder God. Daaglikse reis deur Prediker luister jy na die klankstudie en lees uitgesoekte verse uit God se woord.
28 Days
Do you feel overwhelmed, dissatisfied, and stuck in a rut? Wishing your day-to-day life could improve? God's Word is your guide to brighter days. During this 28-day reading plan, you will discover ways you can go from living just a good life to living the type of better life that God desires you to have.
30 Days
Every journey requires supplies. On the journey of life, some of the best supplies are God’s Word and a bit of encouragement from friends. This Our Daily Journey reading plan features 30 days of writing from trusted authors whose insights speak into your life. Each short devotional contains a story supported by multiple Scripture references as well as a “Next” section to help you think more deeply. Make the most of your devotional time with truth and encouragement from Our Daily Journey.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's