Kolossense 3:18-22

Kolossense 3:18-22 DB

Vroue, erken die gesag wat mans in die gesin dra. Die Here verwag dit. Mans, wees lojaal en liefdevol teenoor vroue. Moenie geïrriteerd raak met hulle nie. Kinders, luister na wat julle ouers sê. Daarvan hou die Here. Pa’s, moenie te veel druk op julle kinders sit nie. Netnou verloor hulle moed omdat hulle voel dat julle nooit tevrede is nie. Nou kom ek by julle wat vir base werk. Doen wat julle aardse base van julle vra. Moenie skynheilig wees en net werk as hulle vir julle kyk nie. Wees eerlik en werk hard omdat die Here altyd vir julle kyk.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Kolossense 3:18-22