Julle het Jesus Christus as Here erken en aanvaar. Tree nou op soos mense wat Hom regtig as Here ken. Julle verhouding met Hom moet so heg en intiem wees soos die band tussen ’n boom en die aarde waaruit dit groei. Soos ’n huis wat op ’n sterk fondament gebou word, moet julle julle lewe op Jesus bou. Staan onwrikbaar vas in dit wat julle glo, soos julle geleer is. Doen dit terwyl julle gedurig vir God dankie sê en Hom eer. Wees baie versigtig dat niemand julle in die verkeerde rigting lei nie. Sulke mense gebruik allerhande teorieë en argumente wat slim klink, maar eintlik is dit net ’n leë klomp bedrog. Baie van hierdie idees het die mense sommer self uitgedink. Die een vertel dit vir die volgende een en later glo almal dit. Die res kom van die onsigbare magte af wat in die wêreld aan die werk is. Nie een van dié idees stem ooreen met wat Christus sou sê nie. By en in Christus is God ten volle en altyd teenwoordig, ook toe Hy mens geword het.
Lees Kolossense 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Kolossense 2:6-9
3 Days
We learn some important lessons when we walk alongside other people. We learn how to get along and cooperate with others. Everybody has a longing for belonging, because God made us for relationships. When we walk alongside other Christians in community, we find that longing satisfied.
5 Dae
By Kerksondermure wil ons graag sien dat elke gelowige die Jesuslewe ontdek wanneer dit by woorde kom. Woorde dra krag. Woorde kan lewens verryk of breek. In hierdie reeks staan ons stil by wat die Woord van God oor woorde sê. Mag jy die Jesuslewe ontdek wat jou woorde betref.
6 dae
Die heerskappy van Jesus Christus is een van die mees verwaarloosde geestelike beginsels in die lewens van Christene. Ons leef ons Christelike lewens en dikwels word God vir ons iemand wat in al ons behoeftes moet voorsien, maar Hy is nie die Here nie.
7 dae
Deur ons geloof is ons kinders van God. Daarom maak dit nie saak wat elke dag oor ons pad kom nie – ons kan aan die Onsienlike Een vashou en in sy vrede rus en bemoediging vind. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Riekert Botha uit sy dagboek OP VLERKE VAN GELOOF.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's