Ek loop nie met ’n lang gesig rond oor al die swaarkry en lyding wat my oorgekom het nie. Inteendeel, ek is bly daaroor, want julle vind ook baat daarby. Julle weet hoe Christus vervolg is. Wel, hierdie vervolging teen Hom het nog glad nie opgehou nie. Ek self loop nog net so onder fisieke vervolging deur. Vir die kerk, die liggaam van Christus, doen ek dit. Met alles wat ek het, werk ek vir die evangelie. God self het my daarvoor aangestel. Op my skouers rus die verantwoordelikheid om die boodskap van God van begin tot end aan julle te verduidelik. God het ’n geheim gehad. Baie eeue en geslagte lank het niemand geweet wat dit is nie. Maar die geheim is nou bekend. God het besluit om aan sy eie mense die geheim te vertel. Hulle weet nou hoe ongelooflik wonderlik hierdie geheim is, veral vir nie-Jode. Die geheim is dit: Christus is vir almal, ook vir julle. Op Hom kan julle met vertroue staatmaak. Hy sal vir julle die wonderlike dinge gee wat ’n mens net by God kan kry.
Lees Kolossense 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Kolossense 1:24-27
5 dae
Daar was nog nooit ʼn meer indrukwekkende persoon as Jesus van Nasaret nie. Is Hy egter genoeg? Genoeg vir jou redding, jou karakter, jou lewensdoel? Genoeg vir jou hele lewe? In hierdie vyf-dag leesplan gebruik Jo Ströhfeldt Paulus se woorde in die boek Kolossense om ons te herinner dat alles verander wanneer ons Jesus die middelpunt van alles maak.
7 Days
When the Bible is confusing, Through the Word explains it with clear, concise audio guides for every chapter. Here in Colossians, Kris Langham guides us as we learn who Jesus is and how to follow Him today. We’ll also get great insight on God’s directions for marriage and work, and what it means to be remade in His image. Plus the Bible’s antidote to weird Christianity! Welcome to Colossians Explained.
15 Days
If you’re new to Jesus, new to the Bible, or helping a friend who is - Start Here. For the next 15 days, these 5-minute audio guides will walk you step-by-step through two fundamental Bible books: Mark and Colossians. Track Jesus’ story and discover the basics of following Him, with daily questions for individual reflection or group discussion. Follow once to get started, then invite a friend and follow again!
15 Dae
“Bewaar Jesus eerste” is die fokus van die brief aan die Kolossense, wat hulp bied in hoe om in volle identiteit met Christus te wandel. Reis daagliks deur Kolossense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's