Hy het dit nie gedoen omdat ons so goed is of so ’n goeie lewe lei nie, maar Hy het self besluit om dit te doen omdat Hy so goed vir ons wil wees, al verdien ons dit nie regtig nie. God het nog voor die wêreld begin het al besluit om so goed te wees vir almal wat aan Christus Jesus se kant staan. Christus Jesus, wat vir ons ons saak met God regmaak, het aarde toe gekom en nou kan ons almal duidelik sien hoe goed God vir ons is. Christus Jesus het die dood wat so ’n houvas op ons almal gehad het, se mag kom breek. Hy het die pad na die ware lewe vir ons oopgemaak sodat ons geestelik vir ewig kan lewe. Dit is die goeie nuus wat Jesus vir ons gebring het. God het my aangestel en gestuur om hierdie goeie nuus vir almal te gaan vertel en aan hulle te verduidelik wat dit presies vir hulle beteken.
Lees 2 Timoteus 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Timoteus 1:9-11
5 Days
No matter what circumstances you face, there is power and peace available to you. Rediscover the goodness of God in this 5-day devotional from Life.Church Worship, based on the new album, God So Good.
7 Days
We're always told, "It's just another part of life," but trite sayings don't make the sting of losing a loved one any less painful. Learn to run to God when facing one of life's most difficult challenges.
9 Dae
Die tweede brief aan Timoteus roep God se mense op om vir God se woord te staan, dit te bewaar, te verkondig en, indien nodig, daarvoor te ly. Reis daagliks deur 2 Timoteus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
10 dae
God se Woord bevestig deurgaans hoe kosbaar ons is. Jesaja 43:1 herinner ons dat Hy ons by die naam geroep het; ons behoort aan Hom! Carolyn Larsen se 10 oordenkings uit haar dagboek GEÏLLUSTREERDE OORDENKINGS VIR VROUE sal jou help om bemoediging te vind in die wete dat jy ’n kosbare en geliefde dogter van die Koning is. Hy het jou lief; in sy hand is jy veilig!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's