Nou iets anders. Pas op! Die wêreld is vol mense wat ander om die bos wil lei. Hulle ontken dat Jesus Christus regtig mens van vlees en bloed geword het. Iemand wat so sê, is die misleier en die antichris. Wees daarom op julle hoede. Moenie toelaat dat ons werk onder julle ontspoor nie. Julle moet mos nog die volle beloning van God ontvang. Daar is dus twee moontlikhede: Iemand kan vierkant agter die leer oor Jesus bly staan en so aan die kant van die Vader en die Seun bly staan. Iemand kan in ’n ander rigting koers kry en nie vas bly staan by die leer oor Jesus nie. So ’n persoon staan nie aan die kant van God nie. Veronderstel daar daag iemand by julle op en vertel julle allerhande snaakse dinge oor Jesus Christus, wat moet julle doen? Moenie hom in julle huis innooi nie. Om die waarheid te sê, julle moet hom nie eens groet nie. Moet glad nie die idee skep dat julle iets met hom te doen wil hê nie. Deur hom bloot te groet sê jy eintlik al: “Ek en jy is goeie vriende. Ek is deel van al die slegte en verkeerde dinge wat jy doen en sê.”
Lees 2 Johannes 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Johannes 1:7-11
3 Dae
Hierdie tweede brief van Johannes help 'n vrygewige vrou, en 'n plaaslike kerk, om te weet hoe om liefde binne die grense van waarheid uit te druk. Reis daagliks deur 2 Johannes terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
2 Weeks
Jesus Himself said anyone who loves Him will obey His teaching. No matter what it costs us personally, our obedience matters to God. The "Obedience" reading plan walks through what the Scriptures say about obedience: How to maintain a mindset of integrity, the role of mercy, how obeying frees us and blesses our lives, and more.
29 dae
In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. Hierdie studie ondersoek hoe die liefde van Christus ons nie net verander nie, maar ook die wêreld verander deur ons gehoorsaamheid aan sy opdragte.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's