1 Korintiërs 14:1-5

1 Korintiërs 14:1-5 DB

Gee alles om hierdie liefde in julle lewe te hê. Maar moenie van die spesiale geskenke vergeet wat die Gees vir julle gee nie. Gee jouself ook daarvoor, veral om God se boodskap vir die gemeente te bring. Ek weet daar is van julle wat baie daarvan dink om in “spesiale tale” te praat. Maar as iemand so praat, verstaan mense hom nie. God verstaan hom wel, want hy praat mos met God. Wat hy egter vir God sê, is vir mense net naklanke. Wat hy mos so onder die invloed van die Gees sê, is intieme dinge net tussen hom en God wat ander nie verstaan nie. Vergelyk dit nou met iemand wat in verstaanbare taal met mense oor die boodskap van God gesels. Mense verstaan dit en dit maak hulle geestelik baie sterker. Hulle skep moed vir wat voorlê en voel baie meer gerus. Maar as iemand in ’n “spesiale taal” in die gemeente praat, beteken dit eintlik net vir homself iets. As iemand God se boodskap vir die gemeente vertel, beteken dit vir die hele gemeente iets. Dit is nou nie dat ek sê julle moenie in spesiale tale praat nie. Ek gun dit vir elkeen. Wat ek wel sê, is dat julle eerder in die gemeente moet konsentreer op die bring van God se boodskap. In die gemeente is dit meer werd om die boodskap van God te bring as om in spesiale tale te praat, tensy daar iemand in die gemeente is wat kan verduidelik wat met die spesiale tale gesê word. So sal dit vir die gemeente iets kan beteken.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Korintiërs 14:1-5

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid