Die engel van die Here het toe vir Gad beveel om vir Dawid te sê dat hy ’n altaar op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, moes gaan bou. Dawid het dit dadelik gedoen. Ornan en sy vier seuns was besig om koring te dors. Toe hy opkyk, het hy die engel gesien. Hy en sy seuns het dadelik gaan wegkruip. Toe Ornan daarna vir Dawid na hom toe sien aankom, het hy voor Dawid neergebuig. Dawid het toe vir Ornan gesê: “Verkoop asseblief die dorsvloer aan my teen sy volle prys. Ek wil ’n altaar hier bou sodat die siekte-epidemie kan ophou.” Ornan wou egter niks van betaal weet nie. Hy het gesê: “Vat die grond vir u en doen wat nodig is. Ek gee dit vir u. Ek sal ook die osse gee as offerdiere en die dorsslee vir hout om vuur mee te maak en die koring as ’n voedseloffer. Dit is u s’n.” Dawid het egter gesê: “Ek wil beslis vir alles betaal. Ek kan nie jou goed vir die Here offer en ’n brandoffer bring met iets wat my niks gekos het nie!” Hy het die grond toe vir omtrent sewe kilogram goud van Ornan gekoop en ’n altaar vir die Here op die dorsvloer gebou. Hy het brandoffers en vredesoffers vir die Here gebring. Toe Dawid tot die Here bid, het die Here met vuur uit die hemel geantwoord wat die offer op die altaar verbrand het. Toe het die Here met die engel gepraat en hy het sy swaard gebêre.
Lees 1 Kronieke 21
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Kronieke 21:18-27
21 Days
Start your new year with a focus on the spiritual discipline of fasting. This plan includes several passages about fasting and others that encourage reflection and closeness to God. For 21 days, you'll get a daily Bible reading, a brief devotional, reflection questions, and a prayer focus. For more content, check out www.finds.life.church.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's