PSALMS 98

98
Die Verlosser van Israel en Regter van die wêreld.
1 'n PSALM.
Sing tot eer van die Here 'n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen; sy regterhand en sy heilige arm het Hom gehelp.
2 Die Here het sy heil bekend gemaak, sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar.
3Hy het gedink aan sy goedertierenheid en sy trou aan die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die heil van onse God gesien.
4Juig voor die Here, o ganse aarde, breek uit en psalmsing!
5Psalmsing tot eer van die Here met die siter, met die siter en die stem van gesang,
6met trompette en basuingeklank; juig voor die aangesig van die Koning, die Here!
7 Laat die see bruis en sy volheid, die wêreld en die wat daarin woon.
8Laat die riviere in die hande klap, die berge tesame jubel
9voor die aangesig van die Here; want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld rig in geregtigheid en die volke met reg.

Tans Gekies:

PSALMS 98: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid