PSALMS 4

4
'n Aandlied.
1VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid.
2As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!
3 o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela.
4Weet tog dat die Here vir Hom 'n gunsgenoot afgesonder het; die Here hoor as ek Hom aanroep.
5 Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela.
6 Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die Here.
7Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o Here!
8Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.
9Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o Here, alleen laat my in veiligheid woon.

Tans Gekies:

PSALMS 4: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid