PSALMS 27

27
Die Here my lig en my heil!
1 'n PSALM van Dawid.
Die Here is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die Here is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?
2As kwaaddoeners teen my nader kom om my vlees te eet — my teëstanders en my vyande, ja, myne — struikel hulle self en val.
3 Al word 'n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan 'n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek.
4Een ding het ek van die Here begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die Here, om die lieflikheid van die Here te aanskou en te ondersoek in sy tempel.
5Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op 'n rots.
6En nou sal my hoof hoog wees bo my vyande rondom my, en ek wil in sy tent offerandes offer saam met trompetgeklank; ek wil sing, ja, psalmsing tot eer van die Here.
7Hoor, o Here, ek roep luid; en wees my genadig en antwoord my.
8Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o Here!
9Verberg u aangesig nie vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U was my hulp! Verstoot en verlaat my nie, o God van my heil!
10Want my vader en my moeder het my verlaat, maar die Here sal my aanneem.
11 Here, leer my u weg en lei my op 'n gelyk pad, vanweë my vyande.
12Gee my nie oor aan die begeerte van my teëstanders nie, want valse getuies het teen my opgestaan, en hy wat geweld uitblaas.
13 o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie ...
14 Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here!

Tans Gekies:

PSALMS 27: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid