PSALMS 137

137
By die riviere van Babel.
1BY die riviere van Babel, daar het ons gesit, ook geween as ons aan Sion dink.
2Aan die wilgerbome wat daarin is, het ons ons siters opgehang.
3Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van 'n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde, deur te sê: Sing vir ons 'n Sionslied.
4 Hoe sou ons die lied van die Here kan sing in 'n vreemde land?
5As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand dan homself vergeet!
6Laat my tong kleef aan my verhemelte as ek aan jou nie dink nie, as ek Jerusalem nie verhef bo my hoogste vreugde nie.
7 Here, bring in herinnering vir die kinders van Edom die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het: Breek weg, breek weg, tot op die grond met hom!
8 o Dogter van Babel, jy verwoeste, gelukkig is hy wat jou sal vergeld wat jy ons aangedoen het!
9Gelukkig is hy wat jou kinders gryp en verpletter teen die rots!

Tans Gekies:

PSALMS 137: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid