PSALMS 126
AFR53

PSALMS 126

126
'n Oes van vreugde uit die tranesaad.
1 # Ps. 120:1 'n BEDEVAARTSLIED.
Toe die Here die lot van Sion verander het, #Hand. 12:9was ons soos die wat droom.
2Toe #Job 8:21is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: #Lk. 1:49Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.
3Die Here het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly!
4 o Here, verander ons lot soos waterstrome in #Rigt. 1:15die Suidland.
5 # Jer. 31:9 Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.
6Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.

Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.

Vind meer uit oorAfrikaans 1933/1953