'N BEDEVAARTSLIED. Die wat op die HERE vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly tot in ewigheid. Rondom Jerusalem is berge; so is die HERE rondom sy volk van nou af tot in ewigheid. Want die septer van goddeloosheid sal nie rus op die erfdeel van die regverdiges nie, sodat die regverdiges hulle hande nie sal uitsteek na onreg nie. HERE, doen goed aan die goeies en aan die wat opreg is in hulle harte. Maar die wat langs krom paaie wegdraai, sal die HERE laat vergaan saam met die werkers van ongeregtigheid. Vrede oor Israel!
Lees PSALMS 125
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 125:1-5
7 dae
Het God al ooit vir jou ver gevoel? Oorverdowend stil wanneer jy Hom die nodigste het? Lizette Murray lei ons in hierdie 7 dagstukke uit haar dagboek DIE HERE IS MY HERDER om opnuut te ontdek dat God ons nooit verlaat nie. Hy is áltyd by ons. Hy is daar in die vreugdes van die lewe, maar ook in die hartseer en donker tye.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's