SPREUKE 7:1-5
SPREUKE 7:1-5 AFR53
MY seun, onderhou my woorde en bewaar my gebooie by jou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soos jou oogappel; bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart. Sê aan die wysheid: Jy is my suster! en noem die verstand jou vertroueling, sodat hulle jou kan bewaar vir die vreemde vrou, vir die ontugtige wat met haar woorde vlei.

