Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, 'n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, 'n Fariseër; wat ywer betref, 'n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik. Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik.
Lees FILIPPENSE 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: FILIPPENSE 3:5-11
5 dae
Daar is soveel meer aan manwees verbonde as wat die wêreld ons wil laat glo. In hierdie groei-uitdaging gaan ons kyk na die lewens van ses Bybelse helde en een anti-held. Ons beleef vandag presies dieselfde uitdagings as hierdie mans. Hul sukses (of gebrek daaraan) hou direk verband met hoe naby hulle aan God geleef het.
7 Days
Whether you’ve messed up a little or a lot by human standards, you’re a prime candidate to be used by God. In this 7-day Plan, we’ll learn about six individuals from the Bible whom God used despite where they came from, what their capabilities were, or how colossal their mistakes were.
14 Days
This plan examines Paul's letter of hope and encouragement for the times of persecution and distress he and the Philippians faced.
20 dae
Hierdie "dankie"-briefie aan die Filippense gee hulle 'n vreugdevolle perspektief van die moeilike tye waarin hulle verkeer en moedig hulle aan om nederig saam daardeur te gaan. Reis daagliks deur Filippense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's