LAAT julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle. Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien. Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
Lees JOHANNES 14
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 14:1-10
4 dae
Ons wêreld is gevul met storms. Hierdie storms kan ons oorweldig en ons wegtrek van ons roeping. Wanneer ons die woorde hoor “Alles sal ok wees” is dit nie die woorde wat ons altyd wil hoor nie. Maar as ons net ons gedagtes vir ‘n oomblik kan rig op die Een wat alles ok maak, sal ons besef dat daardie woorde nie te ver van ‘n werklikheid is nie.
5 Dae
Daar is soveel dinge wat daagliks ons hoop probeer steel – struikelblokke, vrese, bekommernisse en verlies. Ons moet onthou dat daar áltyd by God eindelose hoop is. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Stephan Joubert uit OP GOD SE GENADEPAD. Hierdie oordenkings is geneem uit OP GOD SE GENADEPAD deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy http://www.cumbooks.co.za/ https://www.amazon.com/author/stephanjoubert
5 dae
Vertrou in die waarheid wat seëvier.
Die Here wil hê dat sy gelowiges op geloofsvlerke moet sweef. Die Bybel is ons gids, die karakters daarin ons voorbeelde, en die Heilige Gees ons hulp vir die lewe in geloof. Die Bybel is vol getuienisse wat ‘n alternatiewe lewe van rebellie en ongehoorsaamheid gekies het, asook die wat ‘n lewe van oorgawe in geloof gekies het.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's