IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was. Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo. Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie. Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is. En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid. JOHANNES getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat ná my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek. En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade.
Lees JOHANNES 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 1:1-16
4 Days
This devotional gives us a closer look at each member of the Trinity.
5 Days
My new song "Known" is really meaningful to my faith journey. My desire is that one day we will all be willing to walk from hopelessness to hope, from hurt to healing, from the struggle to surrender—that we will look around the room, beneath the cross, seeing each other and hearing Jesus tell us that we're not alone. Thank you for joining me on this journey. -Tauren Wells
Why was Jesus born? This may seem like a simple question, too familiar to ponder. But as you prepare for Christmas this year, take time to reflect on the deep meaning and purpose of Jesus's birth for your life, and for the whole world. This 5 day series was written by Scott Hoezee, and is an excerpt from the Words of Hope daily devotional.
Need more of God's grace, favor, and blessing? Then pray these five simple prayers of humility, asking the Lord to favor you and help you. He will answer your prayer; He gives grace to the humble! And if you humble yourself before the Lord, He will lift you up.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's