AG dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie. En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie — so 'n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë. Maar laat die broeder wat gering is, roem in sy hoogheid, en die ryke in sy geringheid, want soos 'n blom van die gras sal hy verbygaan. Want die son gaan op met sy hitte en laat die gras verdor, en sy blom val af, en die sierlikheid van sy gedaante vergaan; so sal die ryke ook in sy weë verwelk. Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
Lees JAKOBUS 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: JAKOBUS 1:2-12
3 Dae
Oorwinning is iets wat binne in die mens posvat en wat 'n mens dan na buite uitleef. Daarom is oorwinning nie 'n plek wat jy bereik nie. Dit is 'n manier van leef ten spyte van jou omstandighede. Om 'n lewe van oorwinning te leef beteken dat jy enige vrese deur geloof in die oë kyk, dat jy getrou bly tydens beproewings en dat jy met hoop besiel is.
4 Days
Life is hard! We are struggling in our relationships and our mental and emotional reserves are empty. We need something far greater than we can touch, purchase or come up with on our own. Something that will help us survive the hardest seasons of life. Join Robin Meadows as she shares this 4-day plan taken from the full length Bible study Joy is a Person: A Deep Dive into Philippians.
5 Days
When trials seem beyond what we can bear, where do we run? Who do we call when we are under attack? This five-day devotion from Thistlebend will help learn how to use the red phone - to run, cling, and hold fast to God, regardless of the circumstances.
Encouragement from a mom who launched her seven children and lived to tell about it. Part 4 of 12 devotions in this series from Robin Meadows.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's