Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en 'n klein seuntjie sal hulle aanja. Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os; en die suigling speel by die gat van 'n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van 'n basilisk. Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek.
Lees JESAJA 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: JESAJA 11:6-9
29 dae
Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier Immanuel, God met ons. Ons bid dat hierdie studie sal help om jou geloof, jou begrip van Kersfees en die koms van Christus ons Verlosser, te verdiep.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's