Daardie dag sal die wolf die gas van die lam wees. Die luiperd en die bokkie sal langs mekaar lê. Kalwers en vetgemaakte beeste sal veilig by leeus wees, en ’n kindjie sal vir almal sorg. Vee sal tussen bere wei, hulle kleintjies sal by mekaar lê en leeus sal gras vreet soos beeste. Babas sal veilig tussen giftige slange speel. ’n Kindjie sal sy hand uitsteek na giftige slange en niks oorkom. Niks of niemand sal op my heilige berg verwoesting of kwaad aanrig nie. Soos die water die see vol maak, so sal die aarde vol wees van mense wat die HERE ken.
Lees JESAJA 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: JESAJA 11:6-9
29 dae
Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier Immanuel, God met ons. Ons bid dat hierdie studie sal help om jou geloof, jou begrip van Kersfees en die koms van Christus ons Verlosser, te verdiep.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's