Toe het hierdie Daniël bo die ministers en die landvoogde uitgemunt, omdat 'n voortreflike gees in hom was; daarom was die koning van plan om hom oor die hele koninkryk aan te stel. Toe het die ministers en die landvoogde gesoek om 'n grond vir 'n aanklag teen Daniël te vind met betrekking tot die regering, maar hulle kon geen enkele grond vir 'n aanklag of verkeerde handeling vind nie, omdat hy getrou was en geen nalatigheid of verkeerde handeling by hom te vinde was nie. Daarop het dié manne gesê: Ons sal teen hierdie Daniël geen enkele grond vir 'n aanklag vind nie, tensy ons dit teen hom vind in sy godsdiens. Toe het hierdie ministers en landvoogde die koning bestorm en só vir hom gesê: Mag koning Daríus vir ewig lewe! Al die ministers van die koninkryk, die bevelhebbers en die landvoogde, die raadsmanne en die goewerneurs het beraadslaag dat die koning 'n verordening moet uitvaardig en 'n verbod bekragtig dat elkeen wat gedurende dertig dae 'n versoek rig aan enige god of mens behalwe aan u, o koning, in die leeukuil gegooi sal word. Stel nou 'n verbod vas, o koning, en laat 'n bevelskrif skrywe wat volgens die onveranderlike wet van Meders en Perse onherroeplik is.
Lees DANIËL 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: DANIËL 6:4-9
10 Days
For anyone who wants to make room for God but hates fasting, I have just the thing for you—a 10-day reading plan based on the book, Fast Like Daniel! The Daniel Fast CHANGED MY LIFE, and I’ve watched everyone who has really engaged in this fast receive something great from God! Get ready to plug into Him and watch God create life change!
17 Dae
Die boek Daniël is beide 'n biografie van 'n man wat God geglo het en 'n profetiese visie van wie uiteindelik die wêreld sal regeer. Reis daagliks deur Daniël terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
21 Days
I don't like fasting! Let's be honest; there's nothing fun about denying yourself the foods you love and the comfortable lifestyle you enjoy. I may not like fasting, but I love the results. The Daniel Fast has CHANGED MY LIFE! If you commit to the fast and follow this plan, it's going to change yours too. Let's make room for God on this incredible journey as we Fast Like Daniel.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's