PAULUS, 'n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en die broeder Timótheüs, aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus! ONS dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid, omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges, vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie, wat julle sowel as die hele wêreld bereik het; en dit dra vrug, net soos onder julle ook, van die dag af dat julle dit gehoor het en die genade van God in waarheid leer ken het; soos julle ook geleer het van Épafras, ons geliefde mededienskneg, wat 'n getroue dienaar van Christus vir julle is, wat ook julle liefde in die Gees aan ons te kenne gegee het. Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig, sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap, en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig
Lees KOLOSSENSE 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: KOLOSSENSE 1:1-12
5 Days
Embracing the supernatural reality of the spiritual world of the Bible is essential for understanding the Bible. Though we can’t see everything, God is working behind the scenes to cause everything promised in the Bible to come to pass. This 5-day plan will challenge you to live intentionally—and believe that His unseen hand is engaged in your circumstances.
5 dae
Daar was nog nooit ʼn meer indrukwekkende persoon as Jesus van Nasaret nie. Is Hy egter genoeg? Genoeg vir jou redding, jou karakter, jou lewensdoel? Genoeg vir jou hele lewe? In hierdie vyf-dag leesplan gebruik Jo Ströhfeldt Paulus se woorde in die boek Kolossense om ons te herinner dat alles verander wanneer ons Jesus die middelpunt van alles maak.
7 Days
When the Bible is confusing, Through the Word explains it with clear, concise audio guides for every chapter. Here in Colossians, Kris Langham guides us as we learn who Jesus is and how to follow Him today. We’ll also get great insight on God’s directions for marriage and work, and what it means to be remade in His image. Plus the Bible’s antidote to weird Christianity! Welcome to Colossians Explained.
15 Days
If you’re new to Jesus, new to the Bible, or helping a friend who is - Start Here. For the next 15 days, these 5-minute audio guides will walk you step-by-step through two fundamental Bible books: Mark and Colossians. Track Jesus’ story and discover the basics of following Him, with daily questions for individual reflection or group discussion. Follow once to get started, then invite a friend and follow again!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's