HANDELINGE 17:1-3

HANDELINGE 17:1-3 AFR53

TOE het hulle deur Amfípolis en Apollónië gereis en in Thessaloníka gekom, waar 'n sinagoge van die Jode was. En volgens sy gewoonte het Paulus na hulle gegaan en drie sabbatte lank met hulle gespreek uit die Skrifte en dit uitgelê en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan, en gesê: Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, is die Christus.