I KORINTHIËRS 14:1-5

I KORINTHIËRS 14:1-5 AFR53

JAAG die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer. Want hy wat in 'n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede. Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging. Hy wat in 'n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente. Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.

Gratis leesplanne en oordenkings oor I KORINTHIËRS 14:1-5

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid