Tz'fanyah 2
2
1Maak julleself bymekaar, ja kom bymekaar, o nasie sonder skaamte,
2voordat die bevel effektief word; die dag gaan verby soos kaf; voordat die brandende woede van יהוה oor julle kom, voordat die dag van die woede van יהוה oor julle kom.
3Soek יהוה, al julle nederiges van die aarde, wat regverdige oordeel uitgevoer het; soek onpartydige opregtheid, soek nederigheid. Miskien sal julle skuiling vind op die dag van יהוה se woede,
4want `Azah sal in die steek gelaat word en Ashkelon ’n verlatenheid wees; Ashdod sal op die middag uitgedryf word en Ekron sal ontwortel word.
5Wee die inwoners van die kusstreek, die nasie van die K’retiërs! Die boodskap van יהוה is teen julle, Kena’an, land van die F’lishtyne en Ek sal jou vernietig sodat daar geen inwoner sal wees nie.
6So sal die seekus weiveld wees, met grotte vir herders en krale vir troppe.
7Die kus sal wees vir dié van die huis van Y’hudah wat oorgebly het, hulle sal daarop wei. In die huise van Ashkelon sal hulle in die aand gaan lê, want יהוה, hulle God, sal vir hulle sorg en hulle voorspoed herstel.
8Ek het die gespot van Mo’av gehoor en die skimpe van die seuns van `Ammon, waarmee hulle My volk gespot het en arrogant teen hulle gebied geword het;
9daarom, so waar as Ek leef,” verklaar יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Mo’av sal wees soos S’dom en die seuns van `Ammon soos `Amorah; ’n plek oorgeneem deur brandnetels en soutpanne en ’n ewige verlatenheid. Die wat van My volk oorbly, sal hulle plunder en dié wat van My nasie oorbly, sal hulle erf.”
10Dit sal hulle kry in antwoord op hul trotsheid, want hulle het gespot met en het arrogant geword teen die volk van יהוה-Tzva’ot.
11יהוה sal verskriklik wees teen hulle, want Hy sal al die gode van die aarde laat uithonger en al die kuslande van die nasies sal voor Hom neerbuig, elkeen vanaf sy plek.
12“Ook julle, o Kushiete, sal neergeslaan word deur My swaard.”
13Hy sal Sy hand uitstrek teen die Noorde, Ashur vernietig en Ninveh tot ’n verlatenheid maak, geskroei soos die wildernis.
14Troppe vee sal binne-in haar lê, alle gediertes wat in troppe loop; beide die pelikaan en die reier sal op sy pilaartoppe bly; voëls sal in die vensters sing; verwoesting sal op die drumpel wees, want Hy het die sederwerk kaal gestroop.
15Hierdie is die juigende stad wat veilig bly, wat in haar binneste sê: “Ek is en daar is niemand anders nie!” Hoe het sy ’n verlatenheid geword, ’n rusplek vir wilde diere! Almal wat by haar verbygaan sal spot en sy hand waai in veragting.
Tans Gekies:
Tz'fanyah 2: SPC
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.