Romeine 10

10
1My broers, die begeerte van my verstand, wil en emosie en my intrede voor God vir hulle, is vir hulle onthalwe dat hulle gered mag word,
2want ek getuig van hulle dat hulle ’n ywer vir God in hulle het, maar nie in kennis nie
3omdat hulle die onpartydige opregtheid van God nie ken nie, maar hulle eie onpartydige opregtheid probeer oprig; daarom het hulle die onpartydige opregtheid van God nie gehoorsaam nie,
4want die einddoel van die geskrewe wet is Die Gesalfde Een tot onpartydige opregtheid aan elkeen wat vertrou,
5want Mosheh skryf dat die man wat die onpartydige opregtheid praktiseer wat uit die wet is, volgens daardie onpartydige opregtheid sal lewe.” Lev 18:5
6Die onpartydige opregtheid wat uit vertroue is, sê dit so: “Moenie in jou gedagtes, wil en verstand sê: ‘Wie het opgegaan na die hemel en Die Gesalfde Een afgestuur;
7wie het in die bodemlose put van Sh’ol neergedaal en Die Gesalfde Een uit die dood uit opgebring?’ nie.
8Daarteenoor, wat sê dit? Deut 30:11-14 “Naby jou is die antwoord, in jou mond en in jou verstand.” Dit is die boodskap van vertroue wat ons verkondig:
9as jy met jou mond ons Meester, Yeshua, verklaar en met jou verstand, wil en emosie vertrou dat God Hom uit die dood uit opgewek het, sal jy lewe hê,
10want die verstand, wil en emosie wat in Hom vertrou, is onskuldig verklaar en die mond wat Hom bely, lewe,
11want die Skrif sê: “Elkeen wat in Hom vertrou, sal nie beskaam word nie.” Yes 28:16
12Hierin maak Hy nie ’n onderskeid tussen Jood en nie-Jood nie, want יהוה is een vir almal van hulle en is waardevol vir almal wat Hom aanroep,
13want elkeen wat hom op die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה beroep, sal lewe hê. Yo'el 2:32
14Hoe sal hulle hul dan beroep op Hom, behalwe as hulle in Hom vertrou? Hoe sal hulle in Hom vertrou as hulle Hom nie gehoor het nie? Of hoe sal hulle hoor sonder een wat verkondig?
15Of hoe kan hulle verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: “Hoe lieflik is die voete van die boodskapper van vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid en van die boodskapper van goeie dinge.” Yes 52:7
16Dit is egter nie almal wat die goeie boodskap gehoorsaam het nie, want Yesha’yahu het gesê: “My Meester, wie glo ons verslag?” Yes 53:1; Yog 12:38
17Vertroue is daarom in een wat luister en doen; een wat luister en doen wat God sê.
18Ek sê egter: “Het hulle nie gehoor nie?” Let op, hulle verslag het uitgegaan oor die hele aarde en hulle woorde tot by die eindes van die wêreld.” Ps 19:2-5
19Ek sê egter: “Miskien het Yisra’el nie verstaan nie?” Mosheh het vroeër gesê: “Ek sal julle jaloers maak op dié wat geen volk is nie en Ek sal julle kwaad maak teen ’n nasie wat nie gehoorsaam is nie.” Deut 32:21
20Yesha’yahu sê openlik: “Ek het verskyn aan hulle wat nie na My gesoek het nie en Ek is gevind deur dié wat nie na My gevra het nie.” Yes 65:1; Rom 9:30
21Vir Yisra’el sê Hy: “Die hele dag lank het Ek My hande uitgehou na mense wat twissoekerig en ongehoorsaam is.” Yes 65:2; Rom 9:31

Tans Gekies:

Romeine 10: SPC

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan