Numeri 29

29
1 Lev 23 In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet daar vir julle ’n afgesonderde byeenkoms wees; julle mag géén werk doen nie; dit moet vir julle ’n dag van die blaas van die ramshoring wees.
2Julle moet ’n brandoffer as aangename geur vir יהוה offer: een jong bul, een ram en sewe lammers in hul eerste jaar sonder gebrek.
3Hulle graanoffer is fyn meel met olie gemeng: drie-tiendes van ’n efa vir die bul, twee-tiendes vir die ram
4en een-tiende vir elkeen van die sewe lammers
5en een bokram as sondoffer om vir julle toedekking te doen,
6bo en behalwe die brandoffer en die graanoffer van die maand en die voortdurende brandoffer en sy graanoffer daarby en hulle drankoffers volgens die voorskrif, tot ’n aangename geur, ’n offer, deur vuur, aan יהוה.
7Op die tiende van hierdie sewende maand moet julle ’n afgesonderde byeenkoms hou, julle moet nederig vas en julle mag géén werk doen nie.
8Julle moet ’n brandoffer as aangename geur tot יהוה offer: een jong bul, een ram, sewe lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek
9en hulle graanoffer van fyn meel met olie gemeng: drie-tiendes vir die bul, twee-tiendes vir die ram,
10een-tiende vir elkeen van die sewe lammers
11en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die sondoffer van toedekking en die voortdurende brandoffer en die graanoffer daarby en hulle drankoffers.
12Op die vyftiende dag van die sewende maand moet julle ’n afgesonderde byeenkoms hou; julle mag géén werk doen nie, maar julle moet sewe dae lank vir יהוה ’n fees vier. Yog 7:2
13Julle moet as brandoffer, ’n offer deur vuur as ’n aangename geur tot יהוה bring: dertien jong bulle, twee ramme, veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek
14en hulle graanoffer van fyn meel met olie gemeng: drie-tiendes vir elkeen van die dertien bulle, twee-tiendes vir elkeen van die twee ramme,
15een-tiende vir elkeen van die veertien lammers
16en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer, die graanoffer en die drankoffer daarby;
17op die tweede dag: twaalf jong bulle, twee ramme, veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek
18en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif
19en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby;
20op die derde dag: elf bulle, twee ramme, veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek
21en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif
22en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby;
23op die vierde dag: tien bulle, twee ramme, veertien lammers, in hul eerste jaar, sonder gebrek
24en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif
25en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby;
26op die vyfde dag: nege bulle, twee ramme en veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek
27en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif
28en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby;
29op die sesde dag: agt bulle, twee ramme, veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek
30en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif
31en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby
32op die sewende dag: sewe bulle, twee ramme, veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek
33en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif
34en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby.
35Op die agtste dag moet julle ’n feestyd hou; julle mag géén werk doen nie.
36Julle moet as brandoffer, ’n offer, deur vuur, as aangename geur tot יהוה offer: een bul, een ram, sewe lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek
37en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif
38en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby.
39Hierdie moet julle op julle vasgestelde tye as julle brandoffer, julle graanoffer, drankoffer en vredesoffer tot יהוה offer, bo en behalwe julle geloftes en julle vrywillige geskenke.’”
40Mosheh het vir die seuns van Yisra’el alles gesê net soos יהוה Mosheh beveel het.

Tans Gekies:

Numeri 29: SPC

Kleurmerk

Kopieer

Vergelyk

Deel

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan