Numeri 27

27
1Toe het die dogters van Tz’lof’gad, die seun van Hefer, die seun van Gil’ad, die seun van Makhir, die seun van M’nasheh, van die families van M’nasheh, die seun van Yosef, nadergekom; dit is die name van sy dogters: Maglah, No’ah, Hoglah, Milkah en Tirtzah
2en hulle het gaan staan voor Mosheh, voor El’azar, die priester, voor die leiers en die hele vergadering, by die ingang van die Tent van Ontmoeting en gesê:
3“Ons vader het in die wildernis gesterf, maar hy was nie in die groep van die wat teen יהוה bymekaargekom het saam met Korag nie, maar hy het in sy eie sonde gesterf en geen seuns gehad nie.
4Waarom moet die naam van ons vader uit sy familie verwyder word omdat hy geen seun gehad het nie? Gee vir ons ’n besitting tussen die broers van ons vader.”
5Mosheh het hulle saak voor die Teenwoordigheid van יהוה gebring.
6יהוה het met Mosheh gepraat en gesê:
7“Die dogters van Tz’lof’gad praat reg. Jy moet ’n besitting as erfenis aan hulle toewys tussen die broers van hulle vader en die erfdeel van hulle vader op hulle laat oorgaan.
8Jy moet met die seuns van Yisra’el praat en sê: ‘As iemand sterf en geen seun het nie, moet julle sy erfdeel op sy dogter laat oorgaan
9en as hy geen dogter het nie, moet julle sy erfdeel aan sy broers gee
10en as hy geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan die broers van sy vader gee
11en as sy vader geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan sy naaste bloedverwant gee uit sy familie en dié sal dit besit. Dit moet vir die seuns van Yisra’el ’n regsinstelling wees, soos יהוה Mosheh beveel het.’”
12יהוה het aan Mosheh gesê: “Klim op hierdie berg, Avarim en kyk na die land wat Ek aan die seuns van Yisra’el gegee het.
13Wanneer jy dit gesien het, sal jy ook by jou volksgenote bymekaargemaak word soos jou broer Aharon
14omdat julle in die wildernis van Tzin, tydens die opstand van die vergadering, teen My opdrag, om My by die water as Afgesonderd voor hulle te behandel, gerebelleer het. Dit is die waters van M’rivah-Kadesh, in die wildernis van Tzin.”
15Mosheh het met יהוה gepraat en gesê:
16“Laat יהוה, die God van die geeste van alle vlees, ’n man oor die vergadering aanstel
17wat voor hulle uitgaan en voor hulle ingaan, wat hulle uitlei en wat hulle inlei sodat die vergadering van יהוה nie mag wees soos skape wat geen herder het nie.”
18יהוה sê vir Mosheh: “Vat vir Y’hoshua, die seun van Nun, ’n man in wie die Gees is en lê jou hand op hom
19en laat hom voor die priester El’azar en voor die hele vergadering staan en stel hom aan voor hulle oë.
20Jy moet sommige van jou outoriteit aan hom oorgee sodat die hele vergadering van die seuns van Yisra’el hom gehoorsaam sal wees.
21Hy moet voor El’azar, die priester, staan dat dié vir hom die beslissing van die Urim kan vra voor die Teenwoordigheid van יהוה. Volgens Sy opdrag moet hulle uitgaan en volgens Sy opdrag moet hulle ingaan, hy en al die seuns van Yisra’el saam met hom, die hele vergadering.”
22Mosheh het gedoen soos יהוה hom beveel het: hy het Y’hoshua gevat en hom voor El’azar, die priester en voor die hele vergadering laat staan
23en hy het hom die hande opgelê en hom aangestel soos יהוה deur die hand van Mosheh beveel het.

Tans Gekies:

Numeri 27: SPC

Kleurmerk

Kopieer

Vergelyk

Deel

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan