Numeri 25

25
1Terwyl Yisra’el in Sheetim gebly het, het die volk begin hoereer met die dogters van die Mo’aviete
2en dié het die volk na die offers van hulle gode uitgenooi en die volk het geëet en neergebuig voor hulle gode.
3Yisra’el was verenig met Ba’al-P’or en die woede van יהוה het teen Yisra’el gebrand Ps 106:28
4יהוה sê vir Mosheh: “Neem al die leiers van die volk en stel hulle bloot in die helder daglig voor יהוה sodat die brandende woede van יהוה van Yisra’el af weggedraai kan word.”
5Mosheh het vir die regters van Yisra’el gesê: “Elkeen van julle maak sy manne dood wat verenig is met Ba’al-P’or.”
6Let op, een van die manne van Yisra’el het gekom en ’n vrou van Midyan tussen sy volksgenote ingebring, voor die oë van Mosheh en voor die oë van die hele vergadering van die seuns van Yisra’el terwyl hulle huil voor die ingang van die Tent van Ontmoeting.
7Toe Pingas, die seun van El’azar, die seun van Aharon, die priester, dit sien, het hy uit die vergadering uit opgestaan en ’n spies in sy hand gevat,
8agter die man van Yisra’el aan in die tent ingegaan en hulle altwee deurboor, die man van Yisra’el en die vrou, deur die liggaam. So is die plaag onder die seuns van Yisra’el gestop.
9Die wat in die plaag gesterf het, was vier en twintig duisend (24,000).
10יהוה het met Mosheh gepraat en gesê:
11“Pingas, die seun van El’azar, die seun van Aharon, die priester, het My wraak van die seuns van Yisra’el af weggedraai deurdat hy met My jaloesie onder hulle jaloers was sodat Ek nie die seuns van Yisra’el verteer het in My jaloesie nie;
12daarom, sê: ‘Let op, Ek gee vir hom My Verbond van vrede;
13dit sal vir hom en sy nageslag ná hom die verbond wees van ’n ewige priesterskap omdat hy jaloers was vir sy God en toedekking vir die seuns van Yisra’el gedoen het.” Mal 2:5
14Die naam van die Yisra’elitiese man wat doodgemaak is, wat saam met die vrou van Midyan doodgemaak is, was Zimri, die seun van Salu, heerser van ’n vader se huis, van die stam van Shim’on.
15Die naam van die vrou van Midyan wat doodgemaak is, was Kozbi, die dogter van Tzur. Hy was hoof van een van die stamme van ’n vader se huis in Midyan.
16יהוה het met Mosheh gepraat en gesê:
17“Val die Midyaniete aan as vyand,
18want hulle het julle as vyand behandel deur hulle planne wat hulle teen julle bedink het aangaande P’or en aangaande Kozbi, die dogter van die heerser van Midyan, hulle suster, wat op die dag van die plaag doodgemaak is as gevolg van P’or.”

Tans Gekies:

Numeri 25: SPC

Kleurmerk

Kopieer

Vergelyk

Deel

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan