Numeri 17

17
1יהוה het met Mosheh gepraat en gesê:
2“Praat met die seuns van Yisra’el en vat van hulle, vir elke vader se huis, ’n staf; van elke leier, volgens hulle vader se huis, twaalf stawwe. Skryf elke man se naam (karakter en outoriteit) op sy staf.
3Aharon se naam (karakter en outoriteit) moet jy skryf op die staf van Levi, want daar moet een staf wees vir elke hoof van die vader se huis.
4Jy moet hulle in die Tent van Ontmoeting, voor die Getuienis waar Ek met julle ontmoet, neersit.
5Die staf van die man wat Ek kies, sal bloeisels dra en so sal Ek die murmureringe van die seuns van Yisra’el, wat hulle teen julle kla, stilmaak.”
6Mosheh het met die seuns van Yisra’el gepraat en elkeen van hulle leiers het vir hom ’n staf gegee, vir elke leier ’n staf, volgens hulle vaders se huise, twaalf stawwe en Aharon se staf was tussen hulle stawwe.
7Mosheh het die stawwe voor die Teenwoordigheid van יהוה in die Tent van die Getuienis neergesit.
8Dit het die volgende dag, toe Mosheh in die Tent van die Getuienis ingaan, gebeur, let op, dat die staf van Aharon, vir die huis van Levi, gebloei, botsels laat uitspruit, bloeisels gevorm en ryp amandels voortgebring het!
9Mosheh het al die stawwe wat voor die Teenwoordigheid van יהוה was, na al die seuns van Yisra’el uitgebring en hulle het gekyk en elkeen sy staf gevat.
10יהוה het vir Mosheh gesê: “Bring die staf van Aharon terug voor die Getuienis om dit te bewaar as teken vir die rebelle dat jy hulle murmureringe teen My kan beëindig dat hulle nie sterf nie.”
11Mosheh het dit gedoen; soos יהוה hom beveel het, so het hy gedoen.
12Die seuns van Yisra’el het met Mosheh gepraat en gesê: “Let op, ons vergaan, ons is besig om te sterf, ons is almal besig om te sterf!
13Wie ook al naby die tabernakel van יהוה kom, moet sterf. Moet ons volkome vernietig word?”

Tans Gekies:

Numeri 17: SPC

Kleurmerk

Kopieer

Vergelyk

Deel

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan