Numeri 12

12
1Miryam en Aharon het teen Mosheh gepraat vanweë die Kushietiese vrou wat hy getrou het, want hy het ’n Kushietiese vrou getrou
2en hulle het gesê: “Het יהוה werklik alleen deur Mosheh gepraat? Het Hy nie ook deur ons gepraat nie?” יהוה het dit gehoor.
3Nou, die man Mosheh, was baie nederig, meer as al die mense op die oppervlakte van die aarde.
4יהוה het skielik vir Mosheh, Aharon en Miryam gesê: “Kom uit, julle drie, na die Tent van Ontmoeting.” Die drie het uitgekom.
5יהוה het in die wolkkolom afgekom en by die deur van die Tent gaan staan en vir Aharon en Miryam geroep. Toe hulle twee vorentoe gegaan het,
6sê Hy: “Hoor nou My woorde: as daar ’n profeet tussen julle is, openbaar Ek, יהוה, Myself aan hom deur ’n visioen; Ek praat met hom deur ’n droom.
7Dit is nie so met My dienskneg Mosheh nie: hy is getrou in My hele huis. Heb 3:2
8Met hom praat Ek mond tot mond, selfs openlik en nie deur raaisels nie en hy kyk na die vorm van יהוה. Eks 33:11 Hoekom was julle dan nie bang om teen My dienskneg, Mosheh, te praat nie?” Yog 14:9; Heb 1:3
9Die woede van יהוה het teen hulle gebrand en Hy het weggegaan.
10Toe die wolk van die Tent af teruggetrek het, let op, was Miryam melaats, soos sneeu. Aharon het na Miryam gedraai en gesien sy is melaats!
11Aharon sê vir Mosheh: “Ag, my meester, ek smeek u, tel nie hierdie sonde teen ons waarin ons dwaas opgetree en gesondig het nie.
12Ek smeek u, laat sy nie wees soos ’n dooie van wie se vleis, as hy uit sy moeder se baarmoeder uitgaan, die helfte verteer is nie.”
13Mosheh het uitgeroep na יהוה en gesê: “O Magtige God, ek vra U, maak haar asseblief gesond!”
14יהוה sê vir Mosheh: “As haar vader maar net in haar gesig gespoeg het, sou sy nie dan haar skande vir sewe dae lank gedra het nie? Laat sy vir sewe dae lank buitekant die kamp opgesluit wees en daarna mag sy weer ontvang word.”
15Hulle het Miryam sewe dae lank buitekant die kamp opgesluit en die volk het nie weggetrek voordat Miryam weer ontvang is nie.
16Daarna het die volk van Hatzerot af weggetrek en in die wildernis van Pa’ran gekamp.

Tans Gekies:

Numeri 12: SPC

Kleurmerk

Kopieer

Vergelyk

Deel

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan