Levitikus 12
12
1Verder het יהוה met Mosheh gepraat en gesê:
2“Praat met die seuns van Yisra’el en sê: ‘As ’n vrou swanger word en geboorte gee aan ’n seun, sal sy sewe dae lank onrein wees; soos in die dae van haar menstruasie, sal sy onrein wees.
3Op die agtste dag moet die vlees van sy voorhuid besny word. Yog 7:22
4Sy bly dan drie en dertig dae onrein asof in die bloed van haar reiniging. Sy mag aan niks wat afgesonder is raak nie en sy mag nie in die afgesonderde plek kom totdat die dae van haar reiniging voltooi is nie,
5maar as sy geboorte gee aan ’n dogter, sal sy twee weke onrein wees soos met haar menstruasie. Dan moet sy ses en sestig dae bly in die bloed van haar reiniging.
6Wanneer die dae van haar reiniging in die geval van ’n seun of ’n dogter verby is, moet sy ’n jaaroud lam as brandoffer en ’n jong duif of tortelduif na die priester toe bring as sondoffer, na die ingang van die Tent van Ontmoeting
7en hy moet dit offer voor die Teenwoordigheid van יהוה en vir haar toedekking doen, dan sal sy rein wees van die vloei van haar bloed. Dit is die wet vir haar wat geboorte gee aan ’n seun of ’n dogter.
8As sy nie ’n lam kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe vat, een as brandoffer en een as sondoffer Luk 2:24 en die priester moet vir haar toedekking doen; dan sal sy rein wees.’”
Tans Gekies:
Levitikus 12: SPC
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.