Yonah 2
2
1Toe het Yonah tot יהוה, sy God, gebid vanuit die maag van die vis
2en hy het gesê: “Uit my benoudheid het ek יהוה aangeroep en Hy het my geantwoord. Vanuit die diepte van Sh’ol het ek uitgeroep om hulp; U het my stem gehoor,
3want U het my in die diepte gegooi, in die binneste van die seë en die stroom het my ingesluk; al U deinings en golwe het oor my gegaan.”
4Ek het gesê: “Ek is uit U Teenwoordigheid verban, nogtans sal ek weer in die rigting van U afgesonderde tempel kyk.
5Water het my omring tot op die punt van die dood, die groot vis het my ingesluk, seegras was om my kop gedraai.
6Ek het afgegaan tot by die wortels van die berge, die aarde met sy tralies was vir ewig rondom my, maar U het my lewe uit die put uit opgebring, יהוה, my God!
7Terwyl ek weggetaan het, het ek יהוה onthou en my gebed het, in U afgesonderde tempel, na U toe gekom.
8Die wat nietige afgode erken, verlaat U goedheid,
9maar ek sal tot U offer met ’n stem van danksegging. Dit wat ek beloof het, sal ek betaal. Redding is vanaf יהוה.”
10Toe het יהוה die vis beveel en dit het Yonah op die droë grond uitgespoeg.
Tans Gekies:
Yonah 2: SPC
Kleurmerk
Deel
Vergelyk
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.