Eksodus 31
31
1יהוה het met Mosheh gepraat en gesê:
2“Kyk, Ek het B’tzal’el, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Y’hudah, by sy naam geroep
3en Ek het hom vervul met die Gees van God, in wysheid, begrip, kennis en bekwaamheid vir allerhande werk:
4om ontwerpe uit te dink, te werk in goud, silwer en koper
5en met snywerk in stene wat afgerond moet word, met houtsneewerk en om allerhande werk te kan doen.
6Let op, Ek het self vir Oholi’av saam met hom aangestel, die seun van Agisamakh, van die stam van Dan. Ek het ook wysheid in die hart van elkeen wat vaardig is, gegee sodat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak:
7die Tent van Ontmoeting, die ark van die Getuienis, die Toedekking wat daarop moet wees, al die bybehore by die tent,
8die tafel met sy bybehore, die suiwer goud lampstaander met al sy bybehore en die reukaltaar;
9ook die brandofferaltaar met al sy bybehore, die kom met sy voetstuk,
10die kunstige klere, die afgesonderde klere van Aharon, die priester en die klere van sy seuns, om te dien as priesters;
11ook die salfolie en die reukwerk van speserye vir die Afgesonderde plek; net soos Ek jou beveel het, moet hulle dit maak.”
12יהוה het met Mosheh gepraat en gesê:
13“Jy egter, moet met die seuns van Yisra’el praat en sê: ‘Julle moet sekerlik My Shabbatte hou, want dit is ’n teken tussen My en julle regdeur julle geslagte sodat julle kan weet dat Ek יהוה is wat julle afsonder.
14Onderhou daarom die Shabbat, want dit is vir julle afgesonder. Hy wat dit verbreek, moet die dood sterf, want wie ook al daarop werk doen, dié persoon moet afgesny word vanuit sy volksgenote. Eks 20:8-11; Lev 23:3; 24:8; Yes 58:13; Mat 12:8
15Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is daar ’n Shabbat van volkome rus, afgesonder tot יהוה. Wie ook al enige werk doen op die Shabbatdag, moet die dood sterf;
16daarom moet die seuns van Yisra’el die Shabbat onderhou deur die Shabbat te vier in hulle geslagte as ’n ewige verbond.
17Dit is ’n ewige teken tussen My en die seuns van Yisra’el, want in ses dae het יהוה die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en is verfris.’”
18Toe Hy klaar met hom gepraat het op die berg Sinai, het Hy vir Mosheh die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, geskrywe met die vinger van God.
Tans Gekies:
Eksodus 31: SPC
Kleurmerk
Deel
Vergelyk
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.