Efesiërs 5
5
1Wees julle daarom nabootsers van God soos kinders vir wie Hy lief is
2en leef in liefde, net soos Die Gesalfde Een ons ook liefgehad het en Homself vir ons oorgegee het as ’n offer en slagoffer aan God tot ’n soet reuk,
3maar seksuele oortredinge en alle onreinheid of gulsigheid moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit gepas is by afgesonderdes,
4ook nie beledigende, dwase, growwe of onsinnige praatjies, wat nie nodig is nie, maar eerder van dankbaarheid,
5want hierdie weet julle, dat daar vir die seksuele oortreder of onreine of gierigaard, wat ’n afgodsaanbidder is, nie ’n erfporsie in die Koninkryk van Die Gesalfde Een en van God is nie.
6Laat niemand julle met leë woorde mislei nie, want daardeur kom die woede van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid;
7moet daarom nie vennote saam met hulle word nie,
8want julle was eers duisternis, maar nou is julle lig in eenheid met ons Meester. Leef daarom soos kinders van die Lig,
9want die vrug van die Lig bestaan in alle goedheid, onpartydige opregtheid en waarheid.
10Onderskei wat voor ons Meester aanvaarbaar is
11en moet ook nie gemeenskap hê met diensknegte van die duisternis nie, want daar is geen vrug in hulle nie, maar jy moet hulle bestraf, Tit 1:9-11
12want wat hulle in die privaatheid doen, is afskuwelik, selfs om te noem,
13maar alles word uitgewys vanuit die lig en word openbaar, want alles wat iets openbaar, is lig. Yog 3:20,21
14Dit word daarom gesê: “Word wakker, jy wat slaap en staan op vanuit hulle wat dood is en Die Gesalfde Een sal jou verlig.” Rom 13:11; 1 Thes 5:6
15Kyk daarom presies hoe julle leef: eerbaar, nie soos dwase nie, maar soos wyses
16wat hulle tyd / geleenthede uitkoop omdat die dae boos is.
17As gevolg hiervan moet julle nie dwaas word nie, maar verstaan wat die wil van die Meester is.
18Moenie dronk word van wyn nie, daarin is losbandigheid, maar word voortdurend met die Gees vervul.
19Praat met julleself in psalms, lofliedere en liedere van die Gees en sing in julle gedagtes, wil en emosie tot יהוה.
20Gee altyd dank tot God-die-Vader vir almal, in die Karakter en Outoriteit van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een
21en wees aan mekaar gehoorsaam in die liefde van Die Gesalfde Een.
22Vroue, wees aan julle eie mans gehoorsaam, net soos aan ons Meester,
23want die man is die hoof van die vrou, net soos Die Gesalfde Een ook Hoof is van die gemeente en Hy die Lewegewer / Redder van die liggaam is,
24maar soos die gemeente aan Die Gesalfde Een gehoorsaam is, op dieselfde manier moet die vroue ook, in alles, aan hul eie mans wees.
25Mans julle moet julle eie vroue liefhê, net soos Die Gesalfde Een ook die gemeente liefgehad en Homself om haar ontwil oorgegee het,
26om dit af te sonder en te reinig in die wassing met water (Mikveh) en in die Boodskap
27en Hy sal die gemeente vir Hom bevestig, wanneer dit vol lof en eer, sonder vlek of kreukel of enige iets soortgelyks is, maar dit moet afgesonderd en sonder fout wees. LvL 4:7
28Op dié manier moet mans hulle eie vroue liefhê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou lief het, het homself lief,
29want niemand het ooit sy eie liggaam gehaat nie, maar hy voed en sorg vir sy eie, net soos Die Gesalfde Een vir die gemeente,
30want ons is ledemate van Sy liggaam, van Sy vlees en van Sy bene.
31“Die man moet daarom sy vader en sy moeder verlaat en hom aan sy vrou verbind en hulle twee sal een vlees wees.” Gen 2:24
32Hierdie geheim is groot, maar ek sê dit met die oog op Die Gesalfde Een en die gemeente,
33maar oók vir elkeen van julle, wat oók afsonderlik sy eie vrou moet liefhê, net soos homself en die vrou moet haar man respekteer.
Tans Gekies:
Efesiërs 5: SPC
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.