Deuteronomium 6

6
1Hierdie is die opdragte, die voorskrifte en die regverdige oordele wat יהוה, julle God, my beveel het om julle te leer sodat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek, om dit te besit
2sodat jy יהוה, jou God, respekvol kan vrees om al Sy reëls en Sy opdragte, wat ek jou beveel, te doen, jy en jou kinders en jou kleinkinders, al die dae van jou lewe en dat jou dae verleng mag word.
3O, Yisra’el, jy moet luister en wees versigtig om dit te doen sodat dit met jou goed mag gaan en dat julle baie kan vermenigvuldig soos יהוה, die God van jou vaders, jou beloof het, in ’n land wat vloei met melk en heuning.
4Hoor, luister en doen Yisra’el, יהוה is ons God; יהוה is een. Deut 4:39; Spr 1:8
5Jy moet יהוה, jou God, liefhê met jou hele verstand en wil en met jou hele lewe en met al jou vermoëns. Deut 10:12; Mat 22:37; Mar 12:29,30; Luk 10:27; Rom 8:28
6Hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou verstand, wil en emosie wees.
7Jy moet dit ywerig vir jou kinders leer Rig 2:10; 2 Tim 4:2 en daaroor praat as jy in jou huis sit, as jy op pad is, as jy gaan lê en as jy opstaan.
8Jy moet dit as ’n teken bind op jou hand en dit moet as ’n voorkopband tussen jou oë wees. Eks 13:9,16; Open 13:16
9Jy moet dit op die kosyne van jou huis en op jou hekke skryf,
10dan sal dit gebeur, wanneer יהוה, jou God, jou inbring in die land, wat Hy aan jou vaders, Avraham, Yitz’gak en Ya’akov met ’n eed beloof het dat Hy vir jou groot en mooi stede sal gee wat jy nie gebou het nie,
11huise vol allerlei goed, wat jy nie vol gemaak het nie, uitgekapte putte, wat jy nie gegrawe het nie en wingerde en olyfbome, wat jy nie geplant het nie en jy sal eet en versadig wees,
12wees dan versigtig dat jy יהוה nie vergeet, wat jou uit die land van Mitzrayim, uit die huis van slawerny, uitgebring het nie.
13Jy moet יהוה, jou God, respekvol vrees, Hom dien Deut 10:20; Mat 4:10; Luk 4:8 en by Sy Naam (Karakter en Outoriteit) moet jy sweer. Mat 5:33-37; 23:16-22
14Julle mag nie agter ander gode aan gaan; enige van die gode van die volke wat rondom julle is nie
15sodat die woede van יהוה, julle God, nie teen julle brand en Hy julle van die aarde af vee nie, want יהוה, julle God, is ’n jaloerse, Magtige God tussen julle.
16Julle mag יהוה, julle God, nie toets Mat 4:7; Luk 4:12 soos julle Hom by Massah getoets het nie.
17Julle moet die opdragte van יהוה, julle God, Sy getuienisse en Sy voorskrifte wat Hy julle beveel het, ywerig onderhou.
18Jy moet doen wat reg en goed is in die oë van יהוה sodat dit met jou goed mag gaan en jy kan ingaan en die goeie land kan besit wat יהוה aan jou vaders met ’n eed beloof het,
19deur al jou vyande voor jou uit te dryf; soos יהוה gesê het.
20Wanneer jou seun jou in die toekoms vra en sê: ‘Wat beteken die getuienisse, die voorskrifte en die regverdige oordele wat יהוה, ons God, julle beveel het?’,
21dan moet jy aan jou seun sê: ‘Ons was slawe van Farao in Mitzrayim en יהוה het ons deur ’n magtige hand uit Mitzrayim uitgebring.
22יהוה het groot en ontstellende tekens en wonders voor ons oë, in Mitzrayim, aan Farao en sy hele huis gedoen.
23Hy het ons daarvandaan uitgelei om ons in te bring, om aan ons die land te gee wat Hy aan ons vaders met ’n eed beloof het.
24יהוה het ons dus beveel om al hierdie voorskrifte na te kom, om יהוה, ons God, respekvol te vrees sodat dit met ons altyd goed mag gaan, vir ons oorlewing, soos dit vandag is.
25Dit sal onpartydige opregtheid vir ons wees, as ons versigtig is om al hierdie opdragte te hou voor die Teenwoordigheid van יהוה, ons God, net soos Hy ons beveel het.

Kleurmerk

Kopieer

Vergelyk

Deel

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

Video vir Deuteronomium 6