1 Thessalonisense 4
4
1My broers, ons vra daarom van julle en bid ernstig vir julle in ons Meester, Yeshua, dat julle al hoe meer mag groei, soos julle van ons ontvang het hoe julle moet leef en God tevrede stel,
2want julle weet watter opdragte ons julle in ons Meester, Yeshua gegee het,
3want dít is die wil van God: julle afgesonderdheid, dat julle moet wegbly van alle seksuele oortredings
4en dat elkeen van julle sal weet hoe om sy liggaam te besit in afgesonderdheid en eer,
5nie in hartstogtelike begeertes soos die ander nasies wat God nie ken nie.
6Niemand moet hierin te ver gaan en sy broer bedrieg nie, omrede ons Meester die Wreker is van al hierdie dinge, net soos ons vroeër vir julle gesê en getuig het,
7want God het julle nie tot onreinheid geroep nie, maar tot afgesonderdheid.
8Gevolglik, wie ook al bedrieg, bedrieg nie ’n mens nie, maar vir God wat Sy Gees wat Afgesonderd is in julle gee.
9Aangaande die liefde vir die broers het julle nie nodig dat ons vir julle skryf nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê
10en julle doen dit ook aan al die broers in die hele Makedonia, maar ons versoek julle, broers, om meer oorvloedig te wees.
11Wees ywerig daarin om vredevol te wees en julle eie dinge te doen en met julle eie hande te werk, net soos ons julle beveel het
12sodat julle ordentlik kan leef teenoor die wat buite is en nie van iemand afhanklik is nie.
13Broers, ek wil hê dat julle moet weet dat julle nie moet rou oor die wat dood is soos die res van die mensdom wat geen versekerde verwagting het nie,
14want as ons vertrou dat Yeshua gesterf en opgestaan het, dan net so, dat God die wat in Yeshua dood is, saam met Hom bring,
15want dit sê ons vir julle na aanleiding van die boodskap van ons Meester, dat ons wat in die lewe oorbly wanneer ons Meester kom, die wat dood is, nie sal vóór wees nie,
16want Hy, ons Meester, sal vanaf die hemel afkom met ’n bevel, met die stem van die hoof boodskapper en met die geklank van die trompet van God en dié wat in Die Gesalfde Een gesterf het, sal eerste opstaan
17en dan sal ons wat nog in die lewe is, saam met hulle as een in die wolke ingedra word na ’n ontmoeting met ons Meester in die lug en op die manier sal ons vir altyd by ons Meester wees.
18Versterk mekaar daarom met hierdie boodskap.
Tans Gekies:
1 Thessalonisense 4: SPC
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.