1 Thessalonisense 1
1
1Van Sha’ul, Sila en Timotheos aan die gemeente in Thessalonike; in eenheid met God-die-Vader en ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een: onverdiende guns vir julle en vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid.
2Ons dank God elke keer vir julle almal en ons word konstant herinner aan julle in ons gebede.
3Ons noem julle dade in die Teenwoordigheid van God-die-Vader: die dade van julle vertroue, die harde werk van julle liefde en die geduld van julle versekerde verwagting 1 Kor 13:13 op ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een,
4want ons weet dat julle, my broers vir wie God lief is, gekies is
5omdat ons verkondiging van die goeie boodskap nie alleen in woord na julle toe gekom het nie, maar ook in wonderwerkende krag, in die Gees wat Afgesonderd is en in volle oortuiging, soos wat julle weet hoeveel ons om julle ontwil gedoen het, toe ons tussen julle was.
6Julle het ons en ons Meester nagevolg deurdat julle die boodskap, te midde van baie vervolging, ontvang het met die blydskap van die Gees wat Afgesonderd is.
7Julle was ’n voorbeeld vir al dié wat vertrou in Makedonia en Agaia,
8want vanuit julle is die boodskap van ons Meester gehoor, nie alleen in Makedonia en Agaia nie, maar ook op elke plek waar julle vertroue in God bekend geword het sodat ons nie nodig het om iets van julle te sê nie,
9want hulle vertel self aangaande ons watter ontvangs ons by julle gehad het en hoe julle na God toe gedraai is, weg van die vrees van afgode af, om die lewende en ware God te dien
10terwyl julle Sy Seun uit die hemel verwag, Dan 7:13 Yeshua, wat Hy uit die dood uit opgewek het. Hy is die Een wat ons verlos van die toorn wat kom.
Tans Gekies:
1 Thessalonisense 1: SPC
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.