Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Openbaring 5

5
1Ek het aan die regterkant van Hom wat op die troon sit, ’n boekrol gesien, met binne en buite op geskryf en met sewe seëls verseël
2en ek het ’n ander kragtige boodskapper gesien, wat met ’n harde stem verkondig: “Wie is waardig om die boekrol oop te maak en sy seëls los te breek?”
3Niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde was in staat om die boekrol of sy seëls oop te maak, of daarin te kyk nie Yes 59:16; 63:5
4en ek het baie gehuil omdat daar niemand waardig gevind is om die boekrol oop te maak of sy seëls los te breek nie.
5Een van die oudstes sê vir my: “Moenie huil nie. Let op, die Leeu vanuit die stam van Y’hudah, Gen 49:9-10 die wortel van Dawid, Yes 11:1-10 is waardig om die boekrol en sy sewe seëls oop te maak.”
6Ek het gesien, let op, tussen die troon, die vier wesens en die oudstes, staan daar ’n Lam asof Hy geslag is, Yes 53:7-8 met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is, wat uitgestuur is oor die hele aarde.
7Hy het gekom en die boekrol gevat uit die hand van Hom wat op die troon sit.
8Toe Hy die boekrol ontvang het, val die vier wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met ’n snaarinstrument en ’n goue bak vol soet speserye, wat die gebede van die afgesonderdes is,
9wat ’n nuwe lofprysingslied sing Ps 98:1 en sê: “U is waardig om die boekrol op te tel en sy seëls los te maak, want U is doodgemaak en het ons vanuit elke stam, volk en nasie, met U bloed, vir God losgekoop Hand 10:35
10en U het hulle, vir ons God se Koninkryk, priesters en konings gemaak en hulle sal oor die aarde heers.” Gen 1:26,28; Eks 19:6; Yes 61:6; 1 Kefa 2:5,9
11Ek sien en hoor die stemme van baie engele rondom die troon en van die wesens en die ouderlinge en hulle getalle was tien duisende van tien duisende en duisende van duisende
12en hulle het met ’n harde stem gesê: “Die Lam wat doodgemaak is, is waardig om die krag, rykdom, wysheid, mag, eer, lof, grootheid en seën te ontvang.”
13Elke skepsel wat in die hemel, op die aarde, onder die aarde en in die see is; alles wat daarin is, het ek gehoor sê: “Aan Hom wat op die troon sit en aan die Lam: Seën, eer, lof, grootheid en heerskappy vir tydlose ewigheid!” Dan 7:9-14; Yog 16:14; 17:10
14Toe die vier wesens sê: “Dit is waar!” val die vier en twintig oudstes neer en betoon eer aan Hom.

Tans Gekies:

Openbaring 5: PWL

Kleurmerk

Kopieer

Vergelyk

Deel

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan